Thursday, September 4, 2008

FJS Finansiële Dienste - Testament en Trust

TESTAMENT- EN TRUSTPROGRAM

 PRIMÊRE BEHOEFTES

Sover dit die materiële faset van 'n mens se lewe betref, is daar by
elkeen bepaalde primêre behoeftes:

• Hy wil graag voorsiening maak vir die bevrediging van sy en sy
afhanklikes se behoeftes terwyl by nog lewe en na sy dood.

• Hy wil graag hê dat daar by sy afsterwe die mins-moontlike
ontwrigting van sy naasbestaandes se lewens plaasvind.

• Hy wil graag die bates wat hy in sy lewe verkry het, beskerm en so
min as moontlik daarvan aan die belastinggaarder afgee.

Kundige beplanning is nodig om hierdie behoeftes aan te spreek. Ons by
FJS Finansiële Dienste kan die kundigheid voorsien en wel in die vorm
van ouditering, beplanning, implementering en instandhouding.


 OUDITERING

Ons doen vir kliënte 'n eenvoudige testament- en trustoudit met die
volgende doelwitte:

• Met betrekking tot testamente
Om vas te stel of:

- Die testament aan die nodige geldigheidsvereistes voldoen.

- Die testament uitdrukking gee aan die wense van die erflater en of
dit prakties uitvoerbaar is.

- Die testament so opgestel en die beplanning rondom dit so gedoen
is dat boedel- en kapitaalwinsbelasting en eksekuteursfooie maksimaal
toegepas word.

• Met betrekking tot trusts
Om te bepaal of die stigting van 'n nuwe trust 'n rol kan speel om die
boedeleienaar se primêre behoeftes aan te spreek.

Ten opsigte van reeds-bestaande trusts wil ons bepaal of:

- Die trust die beplanningsdoelwitte van die boedeleienaar
weerspieël en optimaal benut word binne sy ondernemingstruktuur.

- Die trustakte in ooreenstemming met die geldende trustreg opgestel is.

- Daar in praktyk uitvoering gegee word aan die trustbepalings en of
die trust so ge-administreer word dat sy bestaan nie bevraagteken kan
word nie.


 BEPLANNING

Indien dit uit die oudit blyk dat die bestaande boedelplan nie aan die
primêre behoeftes van die boedeleienaar voldoen nie, sal die nodige
beplanning gedoen moet word om die leemtes aan te spreek. Daarmee kan
ons hom bystaan.


 IMPLEMENTERING

As daar uit die oudit- en beplanningsproses sekere voorstelle
voortvloei, kan ons help met die implementering daarvan. Dit mag
nodig wees dat 'n nuwe testament opgestel moet word, dat 'n trust
gestig of gewysig moet word, dat ander entiteite soos maatskappye en
beslote koporasies in die lewe geroep word, dat daar 'n verskuiwing
van bates moet plaasvind of dat bepaalde aksies geneem moet word om te
verseker dat daar genoeg kontant sal wees om die boedelverpligtinge na
te kom.

 INSTANDHOUDING

'n Mens se persoonlike en ekonomies-finansiële omstandighede verander
op 'n deurlopende basis. Dit verg aanpassings aan testamente en
trustaktes. Trustbates moet ook behoorlik bestuur en ge-administreer
word. Dit is dienste wat ons aanbied.

 FOOIE EN KOSTES

FJS Finansiële Dienste se fooie word gebaseer op die hoeveelheid werk
wat gedoen word teen 'n markverwante en meededingende uurlikse fooi.
Afhangende van die omvang en kompleksiteit van die boedel kan die
testament- en trustoudit van R100 vir 'n baie eenvoudige boedel tot R1
000 vir 'n gemiddelde boedel kos. Na hierdie fase in die program sal
ons min of meer weet hoeveel werk nog gedoen moet word en ons sal 'n
beraming kan gee van ons fooie daarvoor sowel as van die voordele wat
daaruit kan voortvloei. Die boedeleienaar kan dan besluit of hy wil
voortgaan met die volle program of gedeeltes daarvan. Ander kostes
soos hereregte, prokureurskoste ensovoorts is gewoonlik ook vooraf
bepaalbaar.

 WATTER VOORDELE IS DAAR VIR DIE BOEDELEIENAAR ONDER ONS TESTAMENT-
EN TRUSTPROGRAM?

• Hy kan die gemoedsrus hê dat sy bates nie verlore sal gaan in die
geval van insolvensie, sterfte of egskeiding nie en hoef nie bang te
wees dat sy beplanningsdoelwitte gedwarsboom word deur die
nie-nakoming van een of ander regsreël nie.

• Hy hoef nie bekommerd te wees dat, te midde van die trauma wat met
die dood gepaardgaan, daar nog ontwrigting in die voorsiening van die
materiële behoeftes van sy afhanklikes sal wees nie.

• Hy kan seker wees dat daar binne die toepaslike wetvereistes, die
beskikbare beplanningsgeleenthede vir die besparing van belasting en
boedelkostes ten volle benut is.
• Hy kan verseker wees dat sy boedelbeplanning op 'n volkome
professionele en onafhanklike wyse gedoen sal word omdat FJS
Finansiële Dienste geen versekeringsprodukte verkoop nie.

************************

Vir meer inligting of vir 'n onderhoud skakel ons asseblief by:

Telefoon : 022 – 913 2353 * Faks : 022 – 913 1482 *
Sel : 082 – 493 3785
E-pos : strausse@xsinet.co.za * Langstraat 101, Piketberg

*************************
EIENAAR:
FRIKKIE STRAUSS : MA, B.Compt, NDFB, CFP : Professionele Rekenmeester


Ons het ook kantoorfasiliteite in Bellville

No comments: