Thursday, September 4, 2008

FJS Finansiële Dienste

BELASTING- EN FINANSPLAN VIR
KLEIN ONDERNEMINGS


* KLEIN ONDERNEMERS HET BESONDERE BEHOEFTES

Sover dit belasting en finansies betref, het die klein ondernemer die
volgende behoeftes:

* Hy wil seker wees dat hy aan alle wetlike vereistes
voldoen, ten einde nie met die Ontvanger probleme te hê nie. *
Hy wil graag sy belastinglas tot 'n absolute minimum beperk. * Hy
wil graag ingelig bly oor die stand van die finansies van sy
onderneming. * Hy wil beheer oor sy onderneming se finansies hê.
* Hy wil dit alles met die mins-moontlike tyd en teen die
laags-moontlike koste bereik.


* BELASTING- EN FINANSPLAN

FJS Finansiële Dienste se Belasting- en Finansplan is 'n professionele
produk wat spesifiek ontwikkel is om te voorsien in die behoefte van
die klein ondernemer en dit behels die volgende:

 Die voltooiing en indiening van alle wetlik-vereiste vorms en opgawes.

 Die volledige benutting van die beskikbare belastingvoordele van
Kleinsake Korporasies (KSK's). Dit behels die volgende:

• KSK's is 'n paar jaar gelede ingestel deur Art 12E van die
Inkomstebelasting-wet en bied die heel laagste belastingtariewe van
alle ondernemingsvorms.
Op 'n netto-inkomste van R300 000 sal 'n KSK tans R25 400 (8%),
'n individu R64 930 (22%), 'n gewone maatskappy of BK R84 000 (28%)
en 'n trust R120 000 (40%) betaal. Met vindingryke beplanning kan 'n
KSK se belastinglas afgebring word tot so laag as R18 900 (6%).

• KSK's geniet die beste slytasietoelaes. Algemene toerusting kan
binne drie jaar afgeskryf word en vervaardigingstoerusting binne een
jaar.

• 'n KWB-korting van R750 000 geld en eenvoudiger Inkomste-belasting
en BTW-voldoeningsvereistes word in die vooruitsig gestel.

(Die voordele is beskikbaar vir ondernemings met 'n omset van
tot R14 miljoen en is ook beskikbaar vir boere. Vir ondernemings wat
nie kwalifiseer vir KSK-voordele nie, is daar baie ander
belastingbeplanningsgeleenthede om te benut, insluitende die optimale
aanwending van trusts).

 Onder ons Belasting- en Finansplan help ons klein ondernemings om
die belastingvoordele van KSK's te benut. Dit behels die volgende:

• Verskaffing van inligting en doen van beplanning vir die gebruik van KSK's.

• Die oprigting van die vereiste strukture en verfyning van
bestaande strukture.

• Die mees belastingdoeltreffende oordra van die bates, die opening
van bankrekeninge en registrasie vir statutêre doeleindes, soos vir
Inkomste-belasting en BTW.


 Die plan behels verder die volgende:

• Die instelling en/of verdere verfyning van 'n boekhoustelsel wat
daarop gerig is om aan die ondernemer tersaaklike, tydige en korrekte
inligting oor sy besigheid te verskaf.

• Die instelling en/of verfyning van beheersisteme oor vaste bates,
bankreke-ninge, debiteure, krediteure en voorraad.

• Hulp met finansiële en operasionele beplanning, opstel van
sakeplanne, begrotings, kontantvloeistate en finansiële state.


* WATTER VOORDELE IS DAAR VIR DIE KLEIN ONDERNEMER ONDER ONS
BELASTING- EN FINANSPLAN?

 Wesenlike belastingbesparings: In een jaar alleen kan ±R63 000
teenoor 'n gewone maatskappy of BK bespaar word met 'n relatief lae
inkomste van R300 000. Vir hoër inkomstes en veral binne
familiebesighede en –boerderye kan die besparings oor verskeie jare
enorme bedrae beloop.

 'n Dinamiese en vaartbelynde boekhoustelsel: Dis 'n
boekhoustelsel wat so aangelê en bedryf word dat die ondernemer dit as
'n effektiewe bestuursinstrument kan gebruik en die koste in verband
daarmee nie net 'n dooie, onproduktiewe las is nie.

 Doeltreffende beheer oor bates: Hierdeur kan die ondernemer sy
bates behoorlik beskerm en beheer en skades en verliese tot die
minimum beperk.


* ALGEMEEN

 Die plan is daarop gerig om administratiewe rompslomp uit die
hande van die ondernemer te neem ten einde hom in staat te stel om
homself op 'n bevredigende wyse toe te lê op sy besigheid se
waardeskeppende aktiwiteite.

 Ondernemings wat reeds rekenmeesters het, het nie nodig om van
rekenmeester te verander wanneer hulle van ons dienste gebruik maak
nie. Ons dienste kan beperk word tot die beplannings- en/of
implementeringsfase.

 Ons werk teen fooie wat vir klein ondernemings bekostigbaar is.
Voorafberaminge kan gegee word en ons verwag slegs dat ons rekeninge
betaal word as ons vir kliënte waarde geskep het.

************************

Vir meer besonderhede oor ons Belasting- en Finansplan of vir 'n
onderhoud skakel ons asseblief by:

Telefoon : 022 – 913 2353 * Faks : 022 – 913 1482
* Sel : 082 – 493 3785
E-pos : strausse@xsinet.co.za * Langstraat 101, Piketberg

*************************
EIENAAR:

FRIKKIE STRAUSS : MA, B.Compt, NDFB, CFP : Professionele Rekenmeester
*************************
Ons het ook kantoorfasiliteite in Bellville

No comments: